SA Hunter/Jagter

DIE .270 WIN: VUISVOOS VETERAAN OF FLINKE VOETSOLDAAT?

Die .270 Win is in 1925 deur Winchester bekendgestel en het nou wel nie enige militêre agtergrond soos die befaamde .30-06 Springfield nie, maar in die jagveld gedra hierdie veteraan hom soos ’n ware voetsoldaat – hy bly getrou die harde werk doen.

Ek het vir baie jare geen ooghare vir die .270 Win gehad nie, want my eerste skoot met een op wild was ’n misskoot en ek het summier die kaliber geblameer in plaas van die sot wat die sneller getrek het. Ek besit egter al vir meer as twee jaar ’n Blaser in .270 Win en geniet die kaliber terdeë.

VEELSYDIGE KALIBER

Dis ’n standaard-kaliber wat hom amper soos ’n magnum gedra. Die .270 Win is vir baie jare al een van die gewildste jagkalibers wêreldwyd en was eens gereken as een van die beste langafstandkalibers vir klein- en mediumgrootte wild. In Suid-Afrika is dit veral vlaktejagters wat oor die jare heen sy lof besing het. Dis ’n redelik veelsydige kaliber waarvoor daar koeëls van 90gr tot 180gr beskikbaar is. Wat koeëlgewig betref, is die .30-kalibers natuurlik meer veelsydig, maar volgens my mening het jy nie meer as twee koeëlgewigte per kaliber nodig nie. Dis net die Amerikaners wat dink jy benodig vir elke boksoort en bokgrootte ’n ander koeëlgewig.

Die .270 Win is niks anders as ’n .30-06 Springfield-dop wat afgenek is om ’n .277”-kaliber koeël te neem nie – die enigste verskil is dat die .270-dop ’n fraksie langer is. Maar hoekom dan iets soos die .30-06 neem en daaraan torring?

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter6 min read
The Covid Project
I have been tinkering with the workings of firearms for as long as I can remember – much of it without my dad’s knowledge of the fact that I had made a key for his safe! This systematically developed into an eye for perfection and trying to fill the
SA Hunter/Jagter4 min read
GRIEKSE MOUSSAKA Met ’n Wildsvleiskinkel
Lae sappige vleis, soet eiervrug, romerige witsous met ’n bros dakkie kaas – alles gebak tot stomende perfeksie. Dít klink mos nou soos ’n plan! Ek het altyd wildsmaalvleis in my vrieskas en het die pakkie koedoevleis só gekyk en net daar besluit dit
SA Hunter/Jagter1 min read
SA Hunter/Jagter
TYDSKRIF-NAVRAE 084-554-0611 (kantoorure) WEBTUISTE www.sajagterhunter.com LEDE-NAVRAE 012-808-9300/082-848-8547 REDAKSIE WAARNEMENDE REDAKTEUR Fred Camphor PRODUKSIEREDAKTEUR Elfriede Ainslie (Taalversorging) KUNSREDAKTEUR Marthie van

Related