Adriaan Blom is 'n leerder aan Hoërskool Melkbosstrand. Op twaalfjarige ouderdom neem hy sy pen op en begin 'n avontuurverhaal vir kinders skryf saam met sy ma, Nedine Blom. Sy eer...view moreAdriaan Blom is 'n leerder aan Hoërskool Melkbosstrand. Op twaalfjarige ouderdom neem hy sy pen op en begin 'n avontuurverhaal vir kinders skryf saam met sy ma, Nedine Blom. Sy eerste liefde is tennis, maar hy geniet ook rekenaarprogrammering en kuier graag met vriende. Dit is sy droom om 'n "hacker" te word en as deel van 'n internasionale hacker-weldoenersgroep internasionale misdaad te bekamp en die kuberruim te beveilig vir kinders. As hy nie op die tennisbaan is, social of op Instagram nie, veg hy die vyand in Black Ops voor sy Xbox. Sy worshonde se name is Lilly en Connor en sy gunstelingtydverdrywe is om te longboard deur Melkbosstrand se lane of te chill met 'n Oreo Krusher in die hand.view less