Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Unavailable
Norrevok
Unavailable
Norrevok
Unavailable
Norrevok
Ebook183 pages2 hours

Norrevok

Rating: 0 out of 5 stars

()

Currently unavailable

Currently unavailable

About this ebook

Die klim van ’n berg is amper soos die lewenspad. Sonder om nou te erg filosofies te raak – jy staan onder in die vlak en voetheuwels met jou lewe voor jou. Dan pak jy hom aan. Dit gaan gepaard met stampe en stote en swaar. Daar’s ook heerlike oomblikke – as jy rus en terugkyk na die pad waarlangs jy gevorder het. Maar ewig wink die kruin, en met hernieude krag stu jy opwaarts . . .Die maklik begaanbare weë hou vir Johan Bakkes geen aantrekkingskrag nie; nee, vir hom altyd maar die smalle weë wat met bloedsweet gepaardgaan. Dáár waar min ander dit nog gewaag het.Norrevøk, so wil gerugte dit hê, is ’n klein ou dorpie net anderkant Novisibirsk in Siberië. Daar waar dit rérig koud raak, soos in minus-40-grade-koud. Maar as jou naam Bakkes is, is die woord norrevøk min of meer sinoniem met “nooit boedel oorgee nie” . . .Mettertyd bied Nepal, Pakistan en Ethiopië net nie meer genoeg van ’n uitdaging nie, en dan neem jou reise jou na toenemend vreemde plekke, daar waarheen die gewone toeris nie graag gaan nie, daar waar net die plaaslike inwoners hul eie taal verstaan. Niks Engels . . . en nog minder Afrikaans.Maar deur Afrikaans te brabbel en totaal dolli inkapas te pleit, help darem dat mens nie van die Trans-Siberiese trein afgegooi word nie. En met gebaretaal en akteursvernuf kan ’n ou ’n redelike ent kom; as jy byvoorbeeld in Sjina soos ’n mal koei moe en met jou hande bokant jou kop horings naboots en ’n denkbeeldige matador bestorm, kan jy darem keer dat iets aan jou voorgesit word wat eens die naam “Wagter” kon gehad het.Hier is heerlike, avontuurlustige vertellings, propvol humor, en nooit sonder deernis vir die medemens nie. Ons lees van “’n Russiese plukspan”, van “die kragman van Krasnoyarsk”, van “die Engel van Qufu” . . . Jy reis immer voort, en telkens kom die wete: soms moet jy eers die niemandsland betree om weer opnuut te kan besef wie jý is.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 28, 2011
ISBN9780798154826
Unavailable
Norrevok
Author

C. Johan Bakkes

Casparus Johan Bakkes is op 21 Oktober 1956 op Stellenbosch gebore. Hy word groot op Saldanha aan die Weskus en matrikuleer aan Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria, waarna hy ʼn geoktrooieerde rekenmeester en ouditeur word. Tans is hy avonturier en professor in bestuursrekeningkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy woon in die Paarl.

Related to Norrevok

Related ebooks

Related articles

Reviews for Norrevok

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words