Você está na página 1de 6

Lourens Laureti is n sendeling in Papua Nieu-Guinee.

Sy verhaal is een van


God se genade wat vloei na mense toe eers na Lourens toe, en toe deur hom
na ander. Hy het sy storie vir Neels Jackson vertel.
In die oerwoud van Papua Nieu-Guinee werk daar n gewese dwelmslaaf van
Italiaans-Afrikaanse afkoms. Op inisiatief van n gemeente van bekeerde Zoeloes
naby Secunda leer hy vir die Mengenvolk: Die onderkant van die Skepper se
maag gaan na julle toe.
Maar om die storie s te begin, is om Lourens Laureti se verhaal ver vooruit te
loop.
Di begin in Vereeniging waar hy as seun van n Italiaanse pa met n Katolieke
agtergrond en n Afrikaanse ma uit die NG Kerk grootgeword het. Sy ouers het
albei die Here gedien, maar soos die verlore seun het hy eers n wye draai in die
wreld gaan loop.
Drank en dwelms soos dagga, LSD en Ecstacy het sy studie gekelder en twee keer
het hy sy polse gesny om te probeer selfmoord pleeg.
Maar die Here het ander planne met hom gehad.
In Secunda waar hy sy beursgeld moes terugwerk, het hy besef hy verspeel sy
lewe. Hy het by n vriend gaan aanklop om hulp, sy lewe vir die Here gegee en n
geestelike tuiste gevind in die NG Gemeente Secunda-Goedehoop.
Nadat hy gevoel het die Here roep hom na n bedie-ning, het hy die jeugwerker in
hulle gemeente geword.
Later het hy vir ds Japie Malan leer ken van die Adullam-sending buite Secunda.
Die gemeente het hom toe as plaaslike sendeling gestuur om daar te gaan werk.
Dit is waar n groep Zoeloe-bekeerlinge ges het hulle wil n sendeling na n
onbereikte volk stuur.
Lourens en sy vrou Marie het toe aangesluit by New Tribes Mission, n organisasie
wat hulle toespits op onbereikte groepe. Hy het Engeland toe gegaan vir opleiding
en mettertyd het dit duidelik geword dat hulle bestem is om Papua Nieu-Guinee toe
te gaan.

Dit is n groep eilande noord van Australi en op die rand van die Stille Oseaan.
Kyk n mens op Google Maps daarna, val dit op hoe min paaie en dorpies daar is.
Satellietbeelde toon n aaneenlopende oerwoud.
Die mense daar praat 800 verskillende tale. Sowat 70% daarvan het nie n eie
Bybelvertaling nie. Die ongeletterdheid is baie hoog, vertel Laureti.
Hier en daar was daar spore van n vroere Katolieke teenwoordigheid, maar van
n evangeliese neerslag by die mense, is daar niks.
In 2006 is hulle weg Papua Nieu-Guinee toe met die steun van SecundaGoedehoop, en verskeie ander gemeentes en gelowige individue.
Vandag is hulle gebaseer op Lele, n dorpie op die eiland New Britain.
n Mens kan Lele Airstrip soek op Google Maps en op die satellietbeeld die
strook sien wat Laureti-hulle in die oerwoud skoongekap het. n Bietjie regs
daarvan is daar enkele geboue te sien.
Hierdie is my huis, s Laureti terwyl hy na een van die geboue wys.
Om daar te kom, moet n mens van Port Moresby, die hoofstad op die hoofeiland,
sowat drie-en-n-half uur lank vlieg tot by die Hoskins-lughawe naby die dorp
Kimbe op New Britain. Daarvandaan is dit nog n driekwartier se vlieg na hulle eie
vliegveld by Lele.
Maar aanvanklik was dit nie so maklik nie. Toe was dit vier en n half dae se stap
deur die oerwoud om by Lele te kom. Jy sou n ent nog met n 4X4-voertuig kon
ry op die pad wat gemaak is om boomstompe uit te ry, maar dan was dit stap
verder.
Aanvanklik het hulle eers die Engels-gebaseerde Kreools aangeleer wat as lingua
franca in Papua Nieu-Guinee gebruik word.
Toe het hulle hulleself gaan voorstel aan die leiers van die dorpies waar hulle wou
werk. Hulle het ges hulle wil daar bly en n boodskap van God aan die mense met
hulle deel.

Baie van die mense wou hulle nie daar h nie. Hulle was bang.
Maar die mense van Lele het ges hulle kan daar bly.
Die volk waaronder hulle werk, is die Mengen, s Laureti. Daar is sowat 15 000
van hulle en hulle praat drie verskillende dialekte, maar verstaan mekaar darem.
Hulle het begin deur vir hulleself huise te bou van oerwoudmateriaal.
Dit het sowat 18 maande geneem om die taal aan te leer. In die proses het hy baie
goeie verhoudinge met die plaaslike mense opgebou en ook baie van hulle kultuur
aangeleer.
Die mense was baie vriendelik, vertel Laureti, maar hulle moes ook leer wat gee
aanstoot in n kultuur van eer en skaamte, wat mag hulle doen en wat nie.
Dit word byvoorbeeld as n belediging beskou as jy by iemand verbystap en nie
eers hoor hoe gaan dit met hom en sy hele familie nie. En so n gesprek kan n
kwartier duur.
Net so word dit verwag dat jy eet wat iemand vir jou aanbied. Hulle gee vir jou van
hulle beste en jy moenie jou neus daarvoor optrek nie, al is dit vrugtevlermuis.
Daar is ook nie iets soos privaatheid nie. Jy kan in ander mense se huis kom en
gaan soos jy wil, s Laureti. Hulle het hulle huis maar op stelte gebou sodat
nuuskierige o nie heeltyd deur die vensters vir hulle kan loer nie.
Die wreldbeeld wat Laureti-hulle by die Mengen-mense angetref het, is een vol
geeste. Daar is watergeeste en woudgeeste wat saam met die voorvadergeeste
tevrede gehou moet word.
Alle slegte dinge wat gebeur, word toegeskryf daaraan dat die geeste ongelukkig
is.
Hulle het ook vreemde skeppingsverhale gehoor. Die Mengen vertel van Nutu, n
veraf groot gees wat alles gemaak het. Maar Nutu het ook foute gemaak omdat hy
moeg geraak het.

Dit was belangrik om met die Mengen daaroor te praat, s Laureti. Deur gesprekke
kon hulle die mense laat dink en wonder oor dit wat hulle geglo het. Hulle kon
vraagtekens plant.
Die eerste formele opleiding wat Laureti en sy kollegas (daar is ook sendelinge uit
Kanada wat saam met hulle werk) vir die Mengen gegee het, was lees- en
skryfklasse.
In die geletterdheidsklasse het hulle die mense ook van die res van die wreld
geleer. Hulle het geleer van ander kulture en ander lande en van dinge soos skape
en brood wat hulleself glad nie ken nie.
Omdat hulle self die eerste mense was wat die Mengen-taal op skrif gestel het,
moes hulle n skryfwyse daarvoor ontwikkel.
Die mense het die geletterdheidsklasse bygewoon, omdat hulle die brief van die
Skeppergees aan hulle (die Bybel) wou lees.
Met die oog daarop het die sendelinge ook begin om die Bybel te vertaal. Hulle het
aanvanklik begin met die gedeeltes uit die Ou Testament wat hulle gebruik om die
boodskap van die evangelie oor te dra.
Nou is hulle al klaar met sowat die helfte van die Nuwe Testament.
Dit het sy eie uitdagings gestel, omdat die Mengen-taal nie woorde het vir
sleutelkonsepte soos geloof en liefde nie, vertel Laureti.
As hulle n gevoel van liefde met woorde wil oordra, dan s hulle: Joura
magaliphu puna tooni wat letterlik beteken Die onderkant van my maag gaan na
jou toe.
Om te s God is lief vir jou, het Laureti-hulle di uitdrukking gebruik. Nou s
hulle: Ekueanga ore magaliphu puna tooni, ofte wel: Die onderkant van die
Skepper se maag gaan na jou toe.
Om geloof uit te druk, het hulle teruggeval op n gebruik tussen die Mengen en van
die ander stamme in die omgewing. Mense van die ander stamme is bang om dit in
n plaaslike rivier se water te waag, terwyl die Mengen maklik deurstap.

Om anderkant te kom, word die ander mense dan deur die Mengen oorgedra. Dan
s die Mengen vir hulle om te vergeet van al hulle eie krag en hulle gewig volledig
op die Mengen-draer te plaas. Dit is daardie uitdrukking wat nou vir geloof in God
gebruik word.
Na lang en moeilike voorbereiding het hulle in 2008 uiteindelik begin met die
eerste lesse oor Genesis 1:1.
Ses maande lank het hulle twee maal per dag vir vier dae per week vir hulle klas
van 150 studente eintlik maar net die verhaal vertel, s Laureti.
Daardeur het hulle vir die mense geleer wie is God en wie is die mens. Hulle het
vir hulle geleer van Jesus Christus en van versoening deur geloof.
Hulle was baie opgewonde, vertel Laureti. Daar het n totaal nuwe godsbeeld vir
hulle oopgegaan.
Deur die verhale van Adam en Eva, van Kain en Abel, kon hulle vir die Mengen
leer waar boosheid vandaan kom. Toe kon hulle self besef dat ou gebruike (soos
om vir n babaseuntjie n mengsel van gemmer en water te voer sodat hy die
boosheid in hom moet uitbraak) nie werk nie.
Die genade van God het hulle uitgeboul, s Laureti.
Die gevolg was dat sowat 100 van die 150 mense in daardie eerste klas tot
bekering gekom het.
Dit het gelei tot die vervolging van Christene deur nie-gelowiges, want as iemand
siek word of iets slegs gebeur, is die Christene geblameer. Hulle voer dan nie meer
die rituele uit om die geeste gelukkig te hou nie en die Christene het self besef
daar is net een weg, en dat die ou rituele oorbodig is.
Die Christene het egter nie terugbaklei nie, maar hulle vervolgers gaan help. As
iemand siek was, het hulle gaan help versorg. As iemand te oud was om self nog sy
tuin te versorg, het die Christene ingespring.
Ook het die Christene se eie lewe verander. Algemene praktyke soos gesinsgeweld,
immoraliteit en diefstal het tot n einde gekom.

Dit het daartoe gelei dat die nie-gelowiges gevra het om weer die verhaal van die
Bybel te hoor. n Nuwe kursus is begin en byna die hele dorp het tot bekering
gekom.
Die Mengen stuur nou al sendelinge uit eie geledere na die buurdorpies toe om die
goeie nuus verder te dra.

Você também pode gostar