Você está na página 1de 1

Egskeiding – Goedkoop en Maklik in Suid Afrika

Jy kan jou kruideniersware aanlyn koop, jou huis verkoop, ’n tweedehandse


motor soek en raad kry vir alles van ’n vreemde veluitslag tot
verhoudingsprobleme. Waarom dan nie ook sommer aanlyn skei nie?

Dis presies wat ál meer Suid-Afrikaners doen sedert die webtuiste


http://www.edivorce.co.za bekendgestel is. En dit kos jou net sowat R 950, ’n
fraksie van wat jy gewoonlik vir ’n onbestrede egskeiding sou betaal by ‘n
prokureur.

Met ’n selfdoen-egskeiding op die internet spaar jy geld, want jy skakel duur


besoeke aan ’n prokureur se kantoor uit as deel van die normaalweg uitputtende
en uitgerekte skeiproses. Aanlyn-egskeidings is goeie nuus vir ongelukkig
getroude pare wat noodgedwonge die regsproses uitstel tot hulle dit kan
bekostig en intussen by aparte slaapkamers intrek terwyl die spanning in die
huis en die gesin hoog loop. En dit net omdat hulle nie die R8 000 kan bekostig
wat ’n onbestrede egskeiding gewoonlik kos nie. Dit is vir hulle dalk ook moeilik
om tyd by die werk af te vra vir ’n hele paar besoeke aan die prokureur.

As jy ’n egskeiding op die gewone manier aanpak, sal die eerste besoek aan ’n
prokureur jou enigiets tussen R500 en R1 500 uit die sak jaag. Dan volg
opvolgbesoeke om vorms in te vul en dokumente te onderteken, en ook betaling
vir die prokureur om alles by die hof in te lewer.

Die neiging om self jou egskeiding aanlyn te behartig het al in die laat
negentigerjare in byvoorbeeld Brittanje posgevat en in Suid-Afrika is dit vinnig
aan die veld wen. Die webtuiste eDivorce het al honderde kliënte op hul lys en is
Suid Afrika se No. 1 aanlyn egskeidings portal.

Você também pode gostar