Você está na página 1de 1

>> SA BAARS FINANSIES

AFTREDE,

ftrede is amper iets soos n broer in die tronk


mens weet dit is die realiteit maar die gedagte
word verkieslik onderdruk, moontlik met die hoop
dat mens nie nodig het om die realiteit daarvan in die o
te staar nie. Baie mense leef ook met die gedagte dat hulle
maar eendag nie sal kan aftree nie, maar sal moet bly werk
tot die dag van hulle dood. Die realiteit is egter dat baie,
baie werknemers kom by n ouderdom waar hulle voel
hulle nog kan werk en moet werk, maar die werkgewer stel
net nie belang om hulle verder in diens te hou nie weens
baie verskeie redes.
Die dag as daardie realiteit mens tref en jy skielik slegs
van jou aftreevoorsiening afhanklik is is ongelukkig
vir meeste aftredenes n geweldige skok. Weinig mense se
aftreevoorsiening is, nie net te min nie, maar is KRITIEK
te min. Weereens kan baie redes daarvoor aangevoer word.
Een van my waarnemings is dat mense leef in die waan van
daar is nog tyd en dan op n dag uitvind daardie tyd is
nou klaar. So gepraat van tyd kom ons kyk hoe tyd
tot jou voordeel aangewend kan word in die tyd-wedloop,
oppad na aftrede/spaardoelwit.
Ek lees onlangs n artikel geskryf deur Dawie Klopper
van PSG, wat n buitengewone voorbeeld aanhaal van die
tydsfaktor by spaar. Ek haal die besyfering aan met sy
toestemming en dit is ook aktuarieel korrek bereken. Ek
noem dit, want baie glo nie die somme nie! Maar dit is
44 SA BASS
January 2014

BEGIN VROEG!
>>Gerrit du Toit*

die verstommende wonderlike realiteit van die krag van


saamgestelde rente wat slegs oor tyd tot sy reg kom.
Die illustrasie rondom die gebeure is my eie weergawe,
maar die somme word net so gebruik. Ek gebruik die
voorbeeld van tweelingbroers wat saam skool verlaat, saam
gaan studeer en saam by dieselfde werkgewer begin werk
met dieselfde salarisse kom ons noem hulle Slim-Piet en
Blink-Stefaans. Ten tye wat hulle begin werk, was hulle 25
jaar oud.
Blink-Stefaans besluit hy gaan sy eerste 10 jaar van sy
werkslewe eers bietjie geniet. Hy gaan n lekker voertuig
aanskaf, heerlik rondreis en ook die buiteland verken solank
hy nog nie afhanklikes het nie, want as hy eers getroud is en
kinders het, gaan sy beweegruimte ingekort word.
Slim-Piet besluit dat hy eerder met sy eerste salaris
onmiddelik gaan begin met n spaarpoging en hy begin
om R1,000.00 per maand weg te sit. Die premie verhoog
elke jaar met 6% en die fonds se opbrengskoers is 10%.
Slim-Piet besluit egter nadat hy vir 10 jaar bydraes gemaak
het dat hy die premies gaan staak (rede onbelangrik). Hy
laat dus die geld op die fonds l sonder om enige verdere
premiebydraes te maak, alhoewel die fonds steeds teen 10%
groei totdat hy die aftree ouderdom van 65 bereik.
Blink-Stefaans besluit toe om nadat hy 10 jaar
rondgerits het om met sy spaarpoging te begin. Hy

begin dus eers op ouderdom 35 om voorsiening te maak vir


sy spaar/aftrede. (Onthou dit is toe Slim-Piet staak met
sy bydraes). So begin Blink-Stefaans dan op 35 jaar met n
spaarpoging waarop hy sy R1,000.00 per maand wegsit, ook
met n premiegroei van 6% en n opbrengs van 10%. Hy hou
met die spaarpoging vol, elke maand vir die volgende 30 jaar,
totdat hy ook die aftree ouderdom van 65 bereik.
Opgesom beteken dit dat Slim-Piet sy premies vir slegs
10 jaar lank weggesit het en toe gestaak het en Blink-Stefaans
begin 10 jaar later en sit dieselfde premie weg, vir 30 jaar. Let
op dat die beleggingspremies van die twee se spaarpogings
met dieselfde persentasie groei en dieselfde opbrengs gelewer
het. Die enigste groot verskil is die tyd wanneer die spaar
begin is!
Nou die verrassende deel Wanneer beide broers 65
jaar oud word ontvang Blink-Stefaans n bedrag van
R4,000,000.00 Daarteenoor ontvang sy broer, Slim-Piet n
bedrag van R4,600,000.00! Dus ontvang die broer wat 10
jaar vroer begin spaar het en toe gestop het R600,000.00
MEER as sy boet wat tien jaar later begin het en vir 30 jaar
lank die premies volgehou het! Die mees verstommendste is
die verskil in hoeveelheid premiebydraes.
Slim-Piet het vir sy 10 jaar slegs R158,169.89 weggesit.
Blink-Stefaans het oor sy 30 jaar R948,698.23 weggesit. Die
verskil in opbrengs word egter 100% veroorsaak deur die
faktor TYD.
Dus poog ek om aan ons jong generasie die boodskap
deur te gee begin so jonk as wat jy kan om te spaar ja,
selfs vir aftrede. Jy kan met n veel kleiner maandelikse bydrae
n massiewe beter eindresultaat h as n groot maandelikse
bydrae oor n kort periode. Ouers taan jou kind by
wanneer hulle begin werk met hulle nansile dissipline
leer hulle van vroeg af spaar en om nie hulle hoop op kits
rykdomme te vestig nie!
Net terloops... as Slim-Piet met sy premie bydraes
volgehou het en nooit gestop het na 10 jaar nie... was sy
opbrengs n verstommende R12,000,000.00!
Dit is moontlik om in vandag se ekonomiese moeilike tye
wel te kan spaar vermy die maak van onoordeelkundige
uitgawes en vernaam krediet. Die satisfaksie van pligsgetroue,
gedissiplineerde spaar is hoogs bevredigend en skep vrede in
jou nansies! n Finansile versorgde oudag of kapitale bedrae
op sekere tye (ouderdomme) van jou lewe, skep die waarborg
dat jy nie van ander afhanklik sal wees nie en nansiel
selfonderhoudend kan en sal wees!
*Gerrit du Toit(CFP ) is n Onafhanklike Makelaar en
het al meer as 25 jaar se ervaring in die Finansile Dienste
bedryf. Hy is gelisensieerd om advies te mag bedien waaroor
hy skryf en u is welkom om aan hom te skryf by ifas@
absamail.co.za.

EITHER A HALF
VERT OR HALF
HORZ AD

Você também pode gostar