Escolar Documentos
Profissional Documentos
Cultura Documentos
Afrikaans Eerste
Addisionele
Taal
Gedigte: 2011-2012
AFRIKAANS EAT - DIGTER Bls
GEDIGTE .
1. Kontak Theo de Jager p 2
2. Kabouterliefde Ingrid Jonker p 3
3. Woorde Vincent Oliphant p 5
4. Stad in die mis DJ Opperman p 9
5. Die hanswors SJ Pretorius p 12
6. Wie is hy? Adam Small p 15
7. Brief FR Abrahams p 16
8. Thumela E Barnard p 19
9. Spore op die maan Koos du Plessis p 20
10. Things that go bump in Rosa Keet p 23
the night
Aantekeninge en
vrae
Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011
2
saamgestel deur:
HH Krynauw
Departement van Onderwys, Graaff-
Reinet
Kontak
4. “baie mis”
7. a) Dat die geliefde met kom kontak sal maak in reaksie op die duif wat
gestuur is.
b) Die duif sal 'n takkie blare in sy bek hê.
2. a) Die kabouter het 'n rooi-rooi pet op en 'n geel hemp aan.
b) “gistraand”, die vorige nag
c) Die hemp
d) “hart”
3. a) metafoor
b) In sy hand gerol en toe bal gespeel.
c) “kadoemps”
8. Alles is moontlik in die wêreld van 'n kind. Die herhaling van elisie van die
persoonlike voornaamwoord “hy’t” (versreëls 7, 11, 19 en 23) gee al 'n aanduiding dat dit
'n kind is wat hier oorborrel van iets groots. Die herhaling-samestellings soos “rooi-rooi”
(versreëls 1 en 21) en “blou-blou” (versreël 5) sluit ook aan by die wêreld van 'n kind. Die
verwysing na hierdie helder, vrolike kleure is kenmerkend van kinders. In die wêreld van
'n kind word die onmoontlike wel moontlik. Die blou lug wat op die grond val, die
kabouter wat met die aarde bal speel en die lug in sy hand gooi.
In 'n land van drome is daar nie grense nie. Die afwesigheid van leestekens, wat eintlik
op dissipline binne 'n gedig dui, sinspeel op die opgewonde mededelings sonder
Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011
6
ruspouse. Enjambement (vanaf versreëls 5 tot 23) en gebroke rym versterk hierdie
grensloosheid van die kinderwêreld. Kinders praat gewoonlik in kort en eenvoudige sinne
met feitlik geen voegwoorde nie. Die sinne in hierdie gedig is ook kort en eenvoudig.
Albei handel oor 'n liefdesverklaring. Die kleur rooi kom in beide strofes voor. Die “hart”
word in beide strofes genoem. Die kabouter kom ook in beide strofes voor. In strofe 1
word na die liefdesverhouding verwys: “sy hart vir my gegee” en in die slotstrofe word
die kabouter se woorde aangehaal. Hulle het dus met mekaar gepraat.
"Kleur is nie ‘n brandmerk nie; kleur is mooi. Kleur, met of sonder "-ling", is móói…"
Selwyn Milborrow het met digter Vincent Oliphant hieroor asook sy digbundels gepraat.
Vincent Oliphant se woordgevoelige verse weerspieël die broosheid van die mens. Dit
laat jou met ‘n gevoel van magteloosheid en terselfdetyd ook hoop vir die mensdom. Die
temas in sy gedigte is van so 'n aard dat mense hulle daarmee kan vereenselwig.
Hy debuteer in 1983 met Bloed vloei in stilte (Tafelberg) en in 1998 verskyn Die
sagte vlees (Tafelberg) wat goeie blootstelling kry danksy die tv-sepie Sewende laan,
asook die tv-joernaalprogram Pasella. Hy is tans kurrikulum adviseur by die Departement
van Onderwys.
Ek wonder wanneer kom daar ‘n nuwe bundel uit sy pen. ‘n Bundel wat soos welkome
reëns die droogte kom breek.
In sy eerste bundel is die aanwesigheid van moeder en broer baie opmerklik. Hoe verskil
dit van Die sagte vlees?
"Bloed vloei in stilte was baie na binne gerig; Die sagte vlees daarenteen meer
gebalanseerd, meer volwasse."
Wat inspireer hom om te skryf, of verander dit soos mens ouer word?
"Dit bly nog grootliks dieselfde: Liefde, verlange, verlies… die
romantiese temas."
Lees hy ander skrywers, en indien wel, wat lees hy?
"Ja, van my gunsteling skrywers is Milan Kundera, John Updike en Andre
P. Brink ."
Hy het onlangs saam met sowat 130 Afrikaanse skrywers sy steun aan
die beswaarskrif teen dubbelmediumonderrig by die US toegesê. Ek wou
weet of die bestaan van Afrikaans bedreig word en of Marius Titus in die
kol is met sy gedig "Skryfwerk" waarin hy sê:
"Ek is nie deel van die totale aanslag denkskool nie. Ek dink nie dat Afrikaans, of enige
Na aanleiding van sy brief wat onlangs in Rapport verskyn het lei mens af dat hy trots is
om "bruin" en "kleurling" genoem te word. Daarin sê hy "Kleur is nie ‘n brandmerk nie;
kleur is mooi. Kleur, met of sonder "-ling", is móói…".
Dink hy daar is belangstelling onder bruines wat hul taal en identiteit betref, en is daar
stemme wat opgaan vir 'n ontluikende bruin nasionalisme?
"Ek hou nie van die idee van etniese nasionalisme nie. Dit klink te veel na laer trek, en
impliseer ‘n ons-teen-hulle houding. Ek het in my artikel ‘n positiewe inhoud aan
bruinwees of kleurlingwees probeer gee. Die negatiewe konnotasies wat aan ons as ‘n
groep mense geheg word, soms selfs vanuit eie geledere, het my die laaste tyd gesteur."
Hoe dan so, Vincent? "Ek vermoed dat die voortgesette teenkanting teen die benaming
kleurling daarmee te doen het dat die term gemengdheid impliseer.
Gemengdheid word dan, miskien meestal onbewustelik, teenoor suiwerheid gestel. Ek is
egter van mening dat gemengdheid of hibriditeit iets positiefs kan wees omdat dit dui op
‘n wyer, ryker herkoms. Ek sou bly wees as ons intellektuele en ander meningsvormers
die oormatige sensitiwiteit rondom hierdie kwessie wou laat vaar."
‘n Hoogtepunt vir hom was in 1996 toe hy genooi was om aan die jaarlikse Poetry
International Fees in Rotterdam deel te neem. Vir my is hierdie onderhoud met Vincent
Oliphant beslis ‘n hoogtepunt in my lewe.
Soos in sy poësie, probeer hy leerlinge se ervaring van wiskunde as vak sover as
moontlik vermenslik. Toe ek groet besef ek Vincent Oliphant is bloot ‘n reisiger wie deur
sy skryfwerk die reis vir andere so maklik moontlik wil maak.
Woorde
2. Hy kan sy mense met sy talent singend lei; dit is mooi, positiewe woorde wat nie
afbreek nie.
3. Die uitdrukking “die kromme note haal” beteken dat jy iets besonder hard, met
alle mag moet doen.
4. Tersine
5. Die eerste versreëls is in die ontkennende vorm en vertel wat sy woorde nié kan
doen nie, met die uitbreiding ('n sinsnede of bysin) in die middelste versreël. Elke
strofe eindig met sy woorde se onmag: sy woorde kan “bloot sing”, hulle is
“swak’” en “kaal”.
6. Sy “woorde het nie die krag/om bose magte tot 'n val te bring nie”.
Sy “woorde is nie 'n skuiling nie”.
Sy “woorde kan nie keer/dat ons die kromme note haal nie”.
Sy “woorde het nie die byt/van koeëls en grofgeskut nie”.
10. Dat almal, ongeag ras, bloot mens sal wees en bowenal medemens. Daar
moet dus nie grense wees nie en elkeen moet die ander sy plekkie in die son
gun.
11. Dit is die slotwoorde van die gedig. “Medemens” rym met “wens”, “grense”
en “mens”. Die woord word herhaal in “medeburgers” (versreël 17).
D.J. Opperman
1. Die stad is oos 'n meedoënlose/wrede monster wat die weerlose mens wil
vernietig./Die stad hou 'n bedreiging vir die mens in.
2. a) “gespanne”
b) beangs/bevrees/bang
4. Die boubedryf
5. Metafoor
6. Stadsgeluide/motors/voertuie – die “knor” in “oop mote” (strate)
7. Progressie word deur die werkwoorde voorgestel: sluip > knor > waggel > hap.
Daar is progressie vanaf bedreiging tot vernietiging.
8. “en met sy hap sluit staal op staal”
9. Dit dui moontlik op die oneweredige hoogtes van geboue/dakke in die stad.
10.kake/tande
11.Enjambement
12.Personifikasie:
a) die stadsrumoer – “ek hoor hom knor” (versreël 5)
b) die monsteragtigheid van die stad – “oë bloedbelope” (versreël 9)
c) die beweging van die dierlike stad – “waggel sy pilare-pote” (versreël 6) of
“kantelende rug” (versreël 7)
13.kommapunte/leestekens
Joernaal: Die stad word uitgebeeld as 'n monsteragtige dier wat almal bedreig.
Die spreker ervaar die stad met angs as 'n dier wat die mens willoos in sy greep wil
vasvang en vernietig.
Vrae
Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011
12
VRAAG 1
1. Die spreker is gespanne (r. 1) wanneer hy in die stad loop. Met watter
gevoel sou jy gespanne kan assosieer? (1)
4. Wat impliseer die spreker met om my sluip ’n dier (r. 3)? (2)
5. Spreek jou kortliks uit (in nie meer as TWEE sinne nie) oor die
paradoksale/kontrasterende aanwending van wit duisternis (r. 4). (2)
6. Waarna, dink jy, verwys knor (r. 5)? Ondersteun jou antwoord met ’n (2)
voorbeeld.
7. Die dier ontwikkel progressief, soos afgelei kan word uit reël 5 – 10. Dui
die funksionaliteit, al dan nie, van die ontwikkeling aan. (2)
Nog Vrae
2.1 Watter tipe spreker is in hierdie gedig aan die woord? (1)
2.2 Wat is die rede vir die spreker se gespanne toestand? (1)
2.3 Waarna verwys knor (r. 5) heel waarskynlik? (Die antwoord is nie ’n
dier se gebrul nie.) (1)
2.4 Blink stadsliggies hou dikwels iets mooi in, maar dit is nie hier die
geval nie. Watter enkele woord in reël 9 bevestig hierdie stelling? (1)
2.5 Hierdie gedig is ’n goeie voorbeeld van ’n volgehoue metafoor.
Verduidelik watter saak met die stad in verband gebring word. (1)
2.6 Duisternis is veronderstel om swart te wees, maar in die gedig is dit
wit. Verduidelik hierdie skynbare weerspreking. (2)
2.7 Waarom lyk dit vir die spreker of die pilare-pote waggel ( r. 6)? (1)
2.8 Waarna verwys “rug metaal” (r. 7)? (1)
2.9 Gee ’n voorbeeld van rymdwang in die eerste reël. (2)
2.10 Dink u dat die dier waarna hier in reël 1–5 verwys word moontlik ’n
olifant kan wees? Sê net ja of nee. (1)
2.11 Gee TWEE redes vir u antwoord in Vraag 2.10. (2)
2.12 Verklaar die slotreël in u eie woorde. (1)
2.13 Die dier in die gedig word progressief gevaarliker. Eers sluip hy. Dan
… hy en laastens … hy. (Vul slegs die ontbrekende handelingswoorde (2)
in.)
2.14 Die spreker sê nooit na watter stad hy verwys nie. Watter funksie dink (2)
u het hierdie vae aanduiding? (1)
2.15 Waarop kan die “bloedbelope oë” (r. 9) dui? (2)
2.16 Watter TWEE woorde in reël 7 sou eerder met mekaar kon omgeruil
word?
2.17 Hierdie gedig bestaan uit tien versreëls. Hoewel die digter alles in een
strofe aanbied, is daar duidelik meer as een deel of fase in die gedig te (1)
herken.
(2)
2.17.1 Hoeveel fases of afdelings is daar?
2.17.2 Met behulp van watter tegniek verdeel die digter die gedig in
die dele wat u kan onderskei? (2)
2.18 Uit reël 8 – 10 is die dier wat beskryf word, baie gevaarlik. Noem EEN (2)
eienskap van die dier wat dit bevestig asook EEN handeling van die
dier.
2.19 Verduidelik hoe die digter die tipografie (hoe die gedig afgedruk is) in (1)
die eerste drie versreëls aanwend om die gevaar van die dier te
vergroot. [30]
2.20 In reël een is die spreker nog duidelik aanwesig, maar in die slotreël
verskyn hy glad nie. Hy word as’t ware deur die dier verorber. Haal
EEN woord uit die slotreël wat sinspeel op hierdie
verorberingshandeling.
Sarel Jakop Pretorius het in 1943 met Vonke by J.L. van Schaik gedebuteer as digter. Tot
met sy dood in 1995 het hy bestendig bly dig en publiseer. Altesame 12 bundels uit sy
pen het die lig gesien.
Die hanswors
1. “ruggraatpyn”
2. Versreëls 5 en 6; 11
3. Waarskynlik vir sy ma gestuur/dalk drank gekoop.
4. Dat hy so nou en dan sterk drank gedrink het/dalk 'n drankprobleem gehad het.
5. Niemand sou omgee as hy wil bedank nie.
6. Bo teen die dak rondklouter en akrobatiese toertjies doen, en ook onder op die
grond sy lyf regte hanswors hou en mense met sy mannewales laat lag.
7. Die woord “Toe” en die ellips aan die einde van versreël 23.
8. Dat sy vir hom dankie sê dat hy vir haar gesorg het en vir haar geld gestuur het en
gereeld met haar gekorrespondeer het.
9. “maar waar hy in die sirkustent/aapagtig teen die firmament” (versreël 15 en 16)
10. “kon klouter ... klein kabouter”; “hoeseer verag, verlate”; “baas beskou
asbate”. In al hierdie gevalle is dit 'n uitheffingstegniek.
11. Oor sy afsigtelike boggel, en kromheid, het hul hom gekoggel (paarrym)
Toe het 'n brief gekom eendag ... Hy’t oor die bed gebuk, verblind, terwyl 'n
boggelvroutjie, sag, sterwend fluister: “Dankie my kind ...” (kruisrym)
12.Dat hy verblind was van trane. Hy het gehuil.
13. Dat hierdie man wat soveel vir sy moeder omgegee het, nie 'n greintjie
omgee van sy medemens ontvang het nie.
14.Langer vraag:
• Stemming: Swaarmoedig beteken ook hartseer/neerdrukkend/morbied.
• Inhoud: Dit is 'n hartseer verhaal wat die leser al klaar tot swaarmoedigheid
stem.
• Slot van die gedig: Die slot is dramaties geskryf, amper soos 'n verhaal, om die
hartseer van die situasie uit te lig.
• Retoriese vrae: Voorbeeld uit die gedig: “Wat doen die vent met sy salaris?” –
dit lig die harteloosheid van die medemens uit. “Sou daar tog êrens iemand
wees?” – beklemtoon die feit dat sy kollegas gedink het hy is alleen op die
wêreld en hulleself nie kon indink dat iemand vir hom kon omgee nie.
• Woordkeuse: Lang woorde met swaar klanke: “afsigtelike boggel”, “bitterder”,
“vergroeide ruggraatpyn”; “eensaamheid”; “maandeliks”; “poskantoor”, ens.
• Klanke: Harde klanke met baie eksplosiewe en harde frikatiewe: “boggel”,
“gaar”; “gekoggel”, “vergroeide ruggraatpyn”
1.1 Die hansworsie moes daagliks pyn verduur. Beantwoord die volgende
vrae hieroor in jou eie woorde.
1.1.1 Watter fisiese pyn moes hy verduur?
(1)
Sy rug het ‘n boggel / sy ruggraat het vreeslik gepyn
1.2 Waarom, dink jy, sou die hansworsie sy briewe ‘oor en oor’ (r 11) lees?
Jou antwoord moet in die konteks van die gedig geplaas word.
(2)
Die woorde van sy ma beteken baie vir hom / dis ‘n brief van die enigste mens wat
lief is vir hom / hy het niks anders om te doen nie ens.
1.4 In die laaste strofe lees ons dat die hansworsie ‘verblind’ is. Het hy
permanent sy gesig verloor? Verduidelik volledig.
(2)
Nee. Hy huil, dus kan hy nie goed sien deur sy trane nie.
1.5 Waarom, dink jy, bedank ‘n ‘boggelvroutjie’ hom in die laaste reël?
(1)
Dis sy ma wat hom bedank dat hy al die jare haar (finansieël) ondersteun het
1.6 Volgens jou, watter les moet die hansworsie se kollegas leer?
(1)
Dwergies met boggelrûe is nog steeds mense met gevoelens ens.(enigiets wat
pas)
[10]
30 punte
Die Groot Small - oor die lewe en werk van Adam Small
Steward van Wyk
Adam Small is op 21 Desember 1936 op Wellington in die Boland gebore. Sy familie aan vaderskant is
Christelik-Gereformeerd en dié van sy moeder Islamities; dié invloede prent by hom vroeg reeds kulturele en
godsdienstige verdraagsaamheid in. Sy vormingsjare is op die plaas Goree buite Robertson, waar sy pa
skoolhoof, gemeenskapsleier en lekeprediker van die plaaswerkers was. Sy vroegste herinneringe is van
hierdie gebied: van die eenvoud van die mense, maar ook van armoede en veral van die rooibruin aarde.
Sy vader word later skoolhoof in Retreat op die Kaapse vlakte. Dit is hier waar Small die eerste keer kennis
maak met Kaaps, die spreektaal van werkersklasmense, wat hy so treffend in sy werk aanwend. Hy woon
daarna verskeie Katolieke skole by en matrikuleer in 1953. Daarna studeer hy aan die Universiteit van
Kaapstad vir ‘n graad in Tale en Filosofie en voltooi in 1963 'n MA cum laude oor die filosofie van Nicolai
Hartmann en Friedrich Nietzsche. In hierdie tyd studeer hy ook aan die Universiteite van Londen en Oxford,
onder andere onder die wêreldbekende wetenskapsfilosoof Karl Popper.
In 1959 word Small dosent in filosofie aan die Universiteit van Fort Hare, en in 1960 word hy een van die
akademiese grondleggers van die Universiteit van Wes-Kaapland toe hy as die eerste hoof van die
Departement Filosofie aangestel word. Hy raak in die vroeë sewentigs betrokke by die
Swartbewustheidsbeweging en word een van die intellektuele en segspersone van hierdie beweging.
In 1973 bedank hy onder druk by die UWK. Hy woon daarna in Johannesburg, waar hy aan die hoof staan
van die Universiteit van die Witwatersrand se studentegemeenskapsdienste. In 1977 vestig hy hom weer in
die Kaap en is tot 1983 werksaam as direkteur van die Wes-Kaaplandse Stigting vir Gemeenskapswerk. Hy
keer in 1984 terug na die UWK as hoof van die Departement Maatskaplike Werk. Einde 1997 tree hy uit
diens.
Wie is hy?
1. Die poet
2. wie's hy
3. Djulle het so baie bek oorie poet,
4. ma wie's hy?
5. Is hy rêrag soes djulle dink
6. die ou moerie pen ennie ink
7. wat in sy study sit en poems dink?
8. Nai,
9. djulle's mistaken,
10.nie hy nie
11.ma djulle is die poets,
12.djulle wat innie straat in loep
13.ennie gladde bek verkoep
14.ma die dinge sien
15.en soema net daa God tien hulle roep!
1. Na digters. Die spreker wil weet wie die digter is, met ander woorde, hoe lyk die
persoon wat gedigte skryf?
2. Wie is die digter? Is hy (die digter) rêrig soos die mense dink hy is?
3. Nee. Aanvanklik lyk dit so, maar die spreker beantwoord die vrae in die tweede strofe.
4. Om dit te beklemtoon. Die doel van die vraag is om spanning te wek. Ook om die leser
geleentheid te gee om self na te dink en miskien ‘n antwoord te verskaf.
5. Die gewone mens op straat.
6. Dit beklemtoon die woord. Dit is ’n vraag waaroor hy baie wonder.
7. Iemand wat in sy studeerkamer sit en gedigte uitdink.
8. Die gewone mens.
9. Die gewone mens op straat wat bewus is van verkeerde dinge wat ander doen en dan
besluit om rekenskap van hulle te eis.
Versreël 15: “Ek dink, praat, skryf selfs oor die dood”
• Óf sy geloof het verdiep – hy dink oor die Hemel / Hel
• Óf hy glo nie meer wat sy ma hom oor die Hemel/Hel geleer het nie – hy het sy eie
mening daaroor
• Hemel/hel = hiernamaals
Is Brief PLAGIAAT?
• Nee…..
• Gee in sy gedig erkenning aan Antjie Krog
• Sê duidelik dat hy iemand anders se gedig naboots (copy)
• Sê ook iets vir sy ma
• Maar sê dit op sy eie unieke manier
Fernel R Abrahams
• Brief is in 1989 geskryf
• Hy is ‘n parlementêre navorser
• Hy is ‘n vryskut-resensent vir Rapport
1. 'n Leerder wat heel waarskynlik die skool verlaat/wat aan die einde van sy
skoolloopbaan gekom het.
2. Hy het net tot siens geskree.
3. “oulaas”
4. Hy stel nie regtig meer belang in wat op die kennisgewingbord staan nie. Dalk
probeer hy die onderwyser nog vir oulaas beïndruk.
5. “eksamentyd”
6. Hy is moontlik bly dat hy klaar is met skool.
7. Hy het die boek hard gegooi.
8. Die afsluiting van 'n fase in sy lewe; die einde van sy skoolloopbaan – sy
skoolloopbaan is iets van die verlede, dus geskiedenis.
13. Verskeie moontlikhede: Die einde van sy skoolloopbaan; die inligting op die
kennisgewingbord; geskiedenis, die onderwyser, skool, ens.
14. Die titel beteken: stuur dit weg. Dit kan dui op die seun wat nou die skool verlaat.
Dit kan ook moontlik wys op die seun se houding teenoor iets soos die
geskiedenisboek/skoolgaan – hy gooi dit letterlik (en figuurlik) weg.
Koos du Plessis
Koos du Plessis is as Jacobus Johannes du Plessis op 10 Mei 1945 in Rustenburg
gebore. Sy ouers was Jacobus Johannes du Plessis en Hester Johanna du Plessis (neé
Buitendag). Koos word groot as die jongste van vier kinders. Sy ouer suster is Hester,
en sy twee ouer broers Boet en Henning. Hy spandeer sy vormingsjare op die
Oosrandse myndorp Springs en voltooi sy skoolopleiding aan die Laerskool PAM Brink
en Hoër Seunskool Hugenote. Hierna studeer hy vir ‘n onderwysdiploma aan die
Pretoriase Normaalkollege en behaal ‘n BA-graad met spesialisering in Afrikaans aan
die Universiteit van Pretoria. Later voltooi hy ‘n BA honneursgraad in Afrikaans-
14.sou ek gaan?
15. Ontvlug is onbegonne;
16. selfs droom is onbesonne,
17. want die wêreld is oorwonne
18.en ek begin verstaan:
19. Daar's geen nuwe paaie om te baan,
20. want kyk, daar lê reeds spore op die maan
1. Die eerste maanlanding in Julie 1969. Neil Armstrong was die eerste mens wat voet
op die maan gesit het.
2. neerdrukkend
3. a) Die mens se planne vir vooruitgang en nuwe ontdekkings.
b) Die mens was al oral; die spore op die maan is bewys dat die mens al die
buitenste ruimte ondersoek het. Die planne is nie eintlik nuut nie.
4. Strofe 1: Daar is nie nuwe plekke om te besoek nie.
Strofe 3: Daar is al orals paaie gebou om onbekende en verafgeleë plekke te
bereik.
Stap 1: Woordeskat
1. jy los my alleen
(you leave me alone)
2. in ’n huis vol geluide
(in a house full of sounds)
3. en hoe minder ek probeer luister
[and the less I want to listen]
4. hoe harder klink die klank
[the louder the noise sounds]
5. van ’n onbekende voetstap
[of a strange footstep]
6. op die donker trap
[on the dark staircase]
7. bang vaak verdwaal ek laat
[scared and sleepy I roam around]
8. in die gange op soek
9. na slaap
[in the passages in search of sleep]
10. wat om elke naghoek verdwyn
[which disappears around every dark corner]
11. ek skrik
12. vir die naaldekokerstraatlig
[I’m frightened of every dragon fly street lamp]
13. deur skaars bewegende blare
[through leaves that hardly move]
14. jou jas aan die kapstok
15. is ’n man sonder bene
[your jacket on the coat stand is a man without legs]
16. ek is bang
17. vir die stofsuierslang
18. op die vloer van die spens
[I’m scared of the vacuum cleaner snake on the floor of the pantry]
19. en tot jy terugkom
20. sleep ek my vlees
21. soos ’n kis agter my aan
[and until you return I drag my flesh behind me like a coffin or a box] [Uit:
Hysteria, 1974]
Hierdie gedig is getoonset deur Clarabelle van Niekerk en word gesing deur Mynie Grové.
Die woorde en titel is effens verander. Die titel is “Jy los my alleen”. Dit is een van die
snitte van haar CD, A Portrait of Mynie Grové.
In Afrikaans is die titel: Dinge wat in die nag val of dinge wat ’n mens in die nag bang
maak. Dis ’n gesegde wat veral teenoor kinders gebruik word. In die nag hoor ’n mens
soms geluide en jy weet nie waardeur hulle veroorsaak word nie. Omdat jy nie weet nie,
maak dit jou bang en jy kan nie slaap nie.
Daar is veral vier interessante vergelykings / metafore in die gedig. Die straatlig word
vergelyk met ’n naaldekoker. Ons weet dat ’n naaldekoker wat vlieg altyd vir ’n paar
oomblikke bokant ’n plek huiwer en dan verder beweeg. Dit is miskien die lig wat deur die
blare skyn wat die vorm van die naaldekoker aanneem of die feit dat dit vir ’n rukkie
doodstil is en dan weer tussen die “skaars bewegende blare” verdwyn.
’n Ander metafoor is die jas wat ’n man sonder bene is. Die woord “is” is belangrik omdat
haar vrees haar wysmaak dat dit ’n misvormde persoon is wat in die donkerte na haar
kyk. Ons het al almal die ervaring gehad dat ons ’n vorm sien wat lyk soos iets gevaarliks
of snaaks.
Die derde metafoor is die “stofsuierslang” wat haar bang maak. Oor die algemeen is ons
almal bang vir goed soos slange en spinnekoppe en in die donker sal so iets ons laat
skrik, want ons is alreeds senuweeagtig omdat ons vreemde geluide gehoor het!
Laastens vergelyk die spreker haar eie liggaam (vlees) met ’n kis. Syself wil ontsnap of
wegkom van die gevaar waarin sy verkeer, maar haar liggaam is ’n las wat sy moet
saamsleep. (In die fliek THE MISSION waarin Robert de Niro die rol van ’n hervormde
priester gespeel het, sleep hy sy “sondes” in die vorm van swaarde en sabels agter hom
aan terwyl hy teen steil kranse moet uitklim.)
In hierdie gedig word die liggaam wat die spreker eintlik sal wil “red” in ’n gevaarlike
situasie, die las wat sy moet dra. Die woord “kis” laat ons ook aan die dood dink en
daarvoor is ons ook bang.
Dwarsdeur die gedig hoor ons van “jy” en “jou”. Ons weet nie spesifiek wie die persoon is
nie, maar dit kan enige iemand wees op wie die spreker gewoonlik kan staatmaak. Dit
kan wees dat dit ’n kind is wat alleen by die huis is en wag vir sy of haar ma / pa. Dit kan
wees dat dit ’n jong vrou is wat vir haar man of geliefde wag.
Vrae
1. Na wie verwys “jy” en “my” in die eerste versreël van die gedig?
(2)
2. Noem een van die “geluide” waarna die spreker verwys.
(1)
3. Wat is die moontlike oorsaak van die geluid wat sy hoor (a) werklik en (b) in haar
verbeelding?(2)
4. Verduidelik wat bedoel word daarmee as sy sê dat sy in die gange soek na slaap?
(2)
5. Gee drie voorbeelde van die spreker se aktiewe verbeelding.
(3)
6. Gee bewyse uit die gedig dat die spreker in die huis rondloop.
(3)
Moontlike antwoorde
1. “jy” is die persoon wat weggegaan het en “ek” is die persoon wat agterbly.
2. ’n Voetstap op ’n trap.
3. Dis miskien die huis wat warm was en in die nag afkoel. As dit gebeur hoor ons
kraakgeluide wat soms klink asof iemand loop. In haar verbeelding hoor sy ’n
moontlike inbreker wat haar wil aanval.
4. As sy eers gerus voel, sal sy aan die slaap kan raak. Nou moet sy die oorsaak van
die geluide opspoor.
5. Sy sien ’n straatlig aan vir ’n naaldekoker; sy dink die stofsuier se pyp is ’n slang;
’n jas aan ’n kapstok lyk vir haar soos ’n man sonder bene.
6. Sy beweeg van die trap in die gang na ’n venster en dan na die spens.
7. Naaldekokerstraatlig / stofsuierslang
8. Liggaam
9. My liggaam is die rede vir my bangheid. Ek probeer my liggaam teen aanvallers
beskerm en dit word dus vir my ’n las.
10.“ek skrik” / “ek is bang”
1. Die titel verwys na die dinge, geluide in die nag wat jou bangmaak as jy sukkel om
aan die slaap te raak.
2. Die “jy” is die persoon wat weg is, dalk die spreker (“my”) se geliefde of eggenoot.
3. Sy is bang en wil haar nie ontstel deur na elke geluid te luister nie.
4. a) Klank van 'n onbekende voetstap
b) Die dak, houttrappe wat kraak, wind op die dak.
c) Hierdie geluid laat die spreker bang, onseker, benoud, beangs, onveiligvoel.
d) Dit is slegs haar verbeelding. As jy bang is, verbeel jy jou soms baie dinge.
5. a) “bang vaak verdwaal ek”
b) Sy is bang omdat sy alleen is en daarom skrik sy vir elke geluid.
c) “op soek”
d) Onwaar. “verdwaal ek laat”
6. a) Versreëls 9, 11 en 16
b) Die werkwoorde “slaap”; “skrik”; “bang” beklemtoon die spreker se emosies. Dit
beklemtoon die tema van die gedig.
c) Die spreker wil slaap, maar sy skrik vir geluide en is dan bang vir hierdie geluide.
7. a) Op die vloer in die spens.
b) Die spreker is bang vir die stofsuier wat soos 'n slang lyk. Hierdie tipe
beeldspraak is 'n metafoor.