Você está na página 1de 2

IN DIE STREEKSHOF VAN WORCESTER

GEHOU TE WORCESTER
Saakno: WSH128/15

Die Staat

teen

JASON MATSOSO

Verklaring ingevolge Art. 112(2) van Wet 51 van 1977

Ek die ondergetekende Jason Matsoso erken hiermee:

1. Ek is die beskuldige in hierdie saak en verstaan die aanklag teen my.

2. Ek pleit skuldig aan aanranding met die opset om ernstig te beseer


deurdat ek op of omtrent 06/09/2014 en te of naby Kwevoelstraat,
Avianpark, Worcester, Straakafdeling van die Wes-Kaap , wederregtelik
en opsetlik vir Amelia Lebewana aangerand het deur die genoemde klaer
verskeie kere met n lyfband te slaan oor verskeie areas van haar liggaam
waardeur ek vir die klaer sekere wonde,kneusings en beserings
toegedien het met die bedoeling om haar ernstig te beseer.

3. Die volgende feite word deur my erken:

3.1 Ek erken dat ek op betrokke dag in n woordewisseling was met die klaer.
Ek en die klaer was in n verhouding en sy was net jaloers omdat ek n
ander meisie gehad het.
Ek het kwaad geword vir haar, omdat sy my moeder uitgevloek het.

Ek het toe n lyfband geneem en haar verskeie kere daarmee geslaan en


het die opset gehad om haar ernstig te beseer.

Ek is later aangekla en gearresteer op die klagte.

Ek erken dat ek insae gehad het in die mediese verslag en plaas dit nie in
geskil nie dat die wonde en beserings soos aangedui in die verslag is
deur my handeling veroorsaak.

Ek is verskriklik jammer vir my optrede en vra die Hof om genade


4. Ek erken dat ek ten tyde van die misdryf besef het dat ek n persoon
ernstig kan beseer deur my optrede , ook dat ek geen reg of toestemming
gehad het om op genoemde wyse te handel nie.

5. Ek erken dat ek ten tyde van die misdryf besef het dat my optrede
verkeerd was en dat dit strafbaar is deur die Agbare Hof.

Geteken te Worcester op die 05/11/2015

______________ _________________________
JASON MATSOSO
B E BARON
REGSVERTEENWOORDIGER

Você também pode gostar