Você está na página 1de 2

IN DIE STREEKHOF VIR DIE STREEKAFDELING VAN DIE WES-KAAP

GEHOU TE CERES

SAAKNO: CSH________
In die saak tussen:

DIE STAAT

en

THEMBA MVELASE

VERKLARING INGEVOLGE ARTIKEL 112(2) VAN WET 51 VAN 1977

Ek die ondergetekende THEMBA MVELASE, n volwasse vroulike persoon,


verklaar as volg:-

1. Ek is die beskuldige in hierdie aangeleentheid en verstaan die aanklag


teen my. Ek pleit skuldig aan Aanranding met die opset om ernstig te
beseer, naamlik dat ek op of omtrent 21 MAART 2015 en te of naby
Nooitgedacht Plaas, Ceres, in die Streekafdeling van die Wes-Kaap
wederregtelik en opsetlik vir Mapaseka Motale aangerand deur haar met
n bottelkop te slaan waardeur ek vir die klaer sekere wonde, kneusings
en beserings toegedien het met die opset om haar ernstig te beseer.

2. Ek pleit vrywillig skuldig terwyl ek by my volle positiewe is.

3. Die volgende feite word deur my erken:

a. Ek het op betrokke dag gesellig verkeer. Die klaagster het my op n


stadium woedend gemaak daar waar ek gesellig verkeer het met
haar en nog ander mense.
b. Die klaagster het my biere gevat en dit het my ontstel.
c. Ek het kwaad geword en was in n woordewisseling met haar.
d. Ek het besluit om n lee bierbottel te neem en het haar verskeie
kere daarmee geslaan met die opset om haar ernstig te beseer.
e. Ek het haar by die gesig en mond geraak met die bierbottel terwyl
ek en sy gestoei het.
f. Ek is later gearresteer deur die polisie na die klaagster n klagte
gele het by die polisie en ek is toe gearresteer.
4. Ek erken die inhoud van die J88 mediese verslag voltooi deur Dr Le Roux
as juis en korrek.
5. Ek kon nog tussen reg en verkeerd onderskei en volgens sodanige
onderskeid optree alhoewel ek alkohol gebruik het.

6. Ek het geen reg gehad om die klaagster aan te rand nie.

7. Ek erken gevolglik dat my optrede wederregtelik was en dat ek nie in


noodweer opgetree het nie en die aanval op my nie onmiddelik dreigend
was nie.

8. Ek het geweet ek pleeg n oortreding van die reg waarvoor ek deur n Hof
skuldig bevind en gevonnis kan word.

Geteken te CERES op 18 DESEMBER 2015

____________________ _____________________
BESKULDIGDE B BARON
Per Legal Aid SA
Worcester

Você também pode gostar